Die Gereformeerde Kerk

Pretoria-Meintjeskop

 

Preke

  Tuisblad


 

Pretoria-Meintjeskop (1963)

 

MP3 opgeneemde preke:

 

Die preke word eenmaal 'n maand opgedateer sodat die vorige maand se preke volledig op die web beskikbaar sal wees. Indien dit versoek word en ook moontlik is om die versoekte preke op internet onder die Argiewe hoof beskikbaar te stel sal dit daar afgelaai word om u sodoende in staat te stel om dit direk vanaf die webwerf af te laai. Die preke word afgeskaal en in mp3 formaat gestoor om nie te veel webwerf spasie op te neem nie en as gevolg daarvan mag daar 'n verlies aan klank kwaliteit wees, alhoewel daar gepoog word om die oorspronklike kwaliteit van die klank te behou.


Anders moet die preke per CD of DVD aangevra word.

Preke is ook beskikbaar op die volgende media:

  • MP3 CD - 'n versameling van preke op mp3-formaat om op 'n rekenaar, MP3-speler of selfs 'n i-pod te speel. Sommige video masjiene en Hi-Fi spelers kan hierdie CD formaat hanteer. 'n Maand se preke of 'n reeks kan op hierdie manier versprei word.
  • DVD - 'n versameling van nagenoeg 'n jaar se oggend- of aand preke kan op 'n DVD gelaai word. Verskeie reekse kan op 'n DVD gelaai word wat die media uitstekend maak vir persone wat belangstel om preke op hierdie manier te bekom en daarna te luister.
  • AUDIO - 'n preek op 'n CD in Audio formaat wat op meeste Cd-spelers, rekenaars en meeste video spelers gespeel kan word. Die een beperking hier is die aantal preke wat op CD beskikbaar gestel kan word.

Om af te laai - regskliek op die preek en selekteer "Save As" om op hardeskyf te stoor.

E-Pos Versoeke van Preke

Om vorige of ou preke te versoek sien die "Ou Preke in Argief" hieronder en versoek op dieselfde wyse as onder verduidellik. Sodra versoeke ontvang word sal die preke wat versoek is in die Argief geplaas word en die argief op die webwerf beskikbaar gestel word. 

Enige persoon wat 'n preek oor e-pos versoek het sal per e-pos in kennis gestel word dat die preek op die blad beskikbaar is.

Hierdie bladsye word eenkeer per maand opgedateer wanneer 'n volledige maand se preke beskikbaar is.

Elke Sondag van die maand se preke word volgens die ooreenkomstige datum van die Sondag in die maand  geidentifiseer.

Kontak Casper om u behulpsaam te wees.

 

Elke maand se preke word op 'n webblad vir die betrokke maand uiteengesit om spesifieke inligting weer te gee. Daar word 3 maande op 'n rotasie basis op datum gehou.

Beskikbare Preke vir Aflaai:

Ou Preke in Argief:   

  • Indien n spesifieke preek gesoek word stuur asb die Sondag datum en Oggend of Aand preek.
  • Indien datum nie beskikbaar is nie maand, teksvers of predikant indien nie Ds Hendrik de Beer nie.

April 2009        Hierdie preke is verwerk en gereed om afgelaai te word

Mei 2009          Hierdie preke is verwerk en gereed om afgelaai te word

Junie 2009        Hierdie preke sal binnekort verwerk en op die webblad geplaas word

 


Kerkgebou     Preke    Aktiwiteite

  Tuisblad


C.C.IT cc